Weerdiens verwag koue, reën

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

‘n Afsny-laagdrukstelsel en koue toestande word vanaf vandag en môre (Donderdag) oor die sentrale en oostelike dele van die land verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag geïsoleerde en verspreide reënbuie en donderstorms oor Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal.

Sneeu word ook verwag oor die platorand van die Oos-Kaap en Lesotho.