Tydelike padsluitings is moontlik Saterdag tussen 08:00 en 17:00 weens die Kategorie 2-staatsbegrafnis vir die oorlede voormalige adjunkpresident, David Mabuza.
Die openbare begrafnisdiens word by Hoërskool Bergvlam in Mbombela gehou.
Volgens die Kantoor van die Stadsbestuurder sal die R38, R40 en paaie rondom die skoolgebied geraak word en motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.
Die ANC hou ook vandag gedenkdienste vir die ontslape voormalige premier wat verlede week na ’n kort siekbed oorlede is.
Dit vind plaas om 12:00 by die Phola-sportgronde in Ehlanzeni, die Sydney Choma-banketsaal in Nkangala en in Chief Albert Luthuli-munisipaliteit in Gert Sibande-distrik.
Intussen vra die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid dat rouklaers wat na sy huis in Barberton stroom, nie verkeer op die R38, R36 en R40 ontwrig nie.
Die departement waarsku ander motoriste teen ‘n verhoging in verkeersvolumes op hierdie roetes.
‘n Woordvoerder vir die familie, Desmond Moela, het almal vir hul ondersteuning en medelye bedank.
Hy sê die openbare diens sal gevolg word deur ‘n private een vir die familie.
Luister:
President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die landsvlag sal in die aangekondigde routydperk landwyd halfstok hang tot Saterdagaand.
Luister: