100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tradisionele geneser verdrink tydens ritueel by Krokodil-rivier

Written by on April 14, 2025

Die liggaam van ‘n tradisionele geneser is gister deur polisieduikers uit die Krokodilrivier gehaal.

Die polisie is Donderdag in kennis gestel van ‘n moontlike verdrinking.

Twee mans, ‘n “profeet” en ‘n tradisionele geneser het langs M.R.T.T. in die KaNyamazane-area ‘n ritueel uitgevoer.

Die duikeenheid het tot Sondagmiddag na hom gesoek.

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om ekstra versigtig te wees tydens die uitvoering van rituele of doopaktiwiteite, veral hierdie Paasfees.