100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man tot 11 jaar gevonnis vir stroperverwante oortredings

Written by on April 11, 2025

Die Skukuza-streekshof het ‘n man skuldig bevind en tot 11 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir stroperyverwante oortredings.

Ellias Sithole, van Mkhuhlu in Bushbuckridge, is skuldig bevind aan ondermeer sameswering om ‘n misdaad te pleeg, die besit van ‘n vuurwapen met ‘n uitgewiste reeksnommer, asook die besit van ammunisie en ‘n gevaarlike wapen.

Hy is in Januarie 2020 vasgetrek toe veldwagters sy voertuig in die Krugerwildtuin deursoek het.

Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, sê twee verdagtes het daarin geslaag om te vlug en inhegtenisneming te ontduik. 

Luister: