Tegnologie reuse soos Google, Meta en TikTok sal dalk vir die volgende drie tot vyf jaar Suid-Afrikaanse nuusmedia tussen R300 miljoen en R500 miljoen per jaar moet vergoed.
Die Kompetisie Kommissie het ‘n voorlopige verslag oor hul ondersoek daarna vrygestel en is besig om bindende regstellende aksie te finaliseer.
Senior analis Donnavan Linley verduidelik dat hulle inkomste genereer uit mediahuise se werk, terwyl hulle hulle kortwiek om self geld daaruit te genereer.
Luister:
Jy kan ook insette lewer. Stuur teen 7 April ‘n e-pos na mdpmi@compcom.co.za.
Sien ook: Pumas gerat vir opwindende seisoen