100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Veertien vermeende onwettige myners aangekeer in Sabie

Written by on February 26, 2025

Veertien verdagtes is Maandag in Sabie gearresteer as deel van Operasie Vala Umgodi in Mpumalanga.

Volgens die polisie het hulle op ‘n wenk gereageer en die Toyota Quantum waarin die mans gereis het, voorgekeer en deursoek.

Hulle is na bewering burgers van Lesotho en sonder geldige dokumentasie om in Suid-Afrika te wees.

Daar was ook toerusting in hul besit wat gebruik word vir onwettige mynbou aktiwiteite.

Een man het ook ammunisie in sy besit gehad.

Hulle staar allerlei aanklagte in die gesig en sal na verwagting vandag in die Sabie-landdroshof verskyn.

Sien ook: Rekord aantal inskrywings vir Saterdag se Elands-marathon