Drie gewond in skietery buite taverne in Pienaar
Written by Mireille on February 3, 2025
Drie mense is geskiet en gewond tydens ‘n rooftog by ‘n taverne in Zwelisha in Pienaar vroeg gisteroggend.
Volgens die polisie het die verdagtes na afloop van die rooftog buite die taverne skote afgevuur en die slagoffers is getref.
Hulle is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Dit is onduidelik of iets wel gesteel is.
Die voorval word ondersoek.
Enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagtes word aangemoedig om dit met die polisie te deel.
Sien ook: Bomdreigement by Nelspruit-polisiestasie ondersoek – Radio Laeveld