100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SA gevra om in te gryp by politieke onlus in Mosambiek

Written by on January 8, 2025

Burgerlike organisasies in Mosambiek het Suid-Afrika gevra om in te gryp in hul land se politieke geweld wat uitgebreek het nadat opposisiepartye verlede jaar die verkiesingsuitslag betwis het.

Die organisasies doen ’n beroep op Suid-Afrika om die inhuldiging van Frelimo se Daniel Chapo as Mosambiek se president volgende week te verhoed.

Die organisasies sê Suid-Afrika moet ingryp soos wat hy in die konflik in die Midde-Ooste gedoen het.

Build One South Africa het die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, amptelik versoek om in te gryp.

Die woordvoerder, Roger Solomons, sê die leier van Mosambiek se opposisieparty Podemos, Venancio Mondlane, vrees vir sy veiligheid wanneer hy môre na sy tuisland terugkeer.

Luister:

Sien ook: Mosambiekse opposisieleier keer terug te midde van toenemende spanning