Twee Mosambiekse mans sal binnekort in die Mashishing-landdroshof verskyn weens die moord Maandag op ‘n vrou tydens ‘n plaasaanval by Finsbury buite Lydenburg.
Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is Vinolia Sedibe (41) verwurg.
Die mans het die huis bestorm en haar en ‘n ander vrou beroof. Hulle is gister gearresteer.
Hulle sal aangekla word van onder meer moord, huisroof en poging tot verkragting.
Luister:
*Foto ter illustrasie
Sien ook: Sanral neem verskeie paaie oor