KaBokweni Themba Thuthuzela Sorgsentrum word heropen
Written by Mireille on November 14, 2024
Die Nasionale Vervolgingsgesag, in vennootskap met Vodacom, het die KaBokweni Themba Thuthuzela Sorgsentrum by die Themba-hospitaal in Kabokweni opnuut bekendgestel.
Monica Nyuswa van die NVG sê die sentrum bied ondersteuningsdienste aan slagoffers van geslagsgeweld in gebiede met hoë misdaad, insluitend Masoyi, KaNyamazane en Witrivier.
Nyuswa sê die NVG se direkteur, Shamila Batohi, het die behoefte beklemtoon aan ‘n benadering wat die hele samelewing betrek om geslagsgeweld teen te werk.
Sien ook: Grensbestuursowerheid op hoë gereedheid by Lebombo – Radio Laeveld