Grensbestuursowerheid op hoë gereedheid by Lebombo
Written by Mireille on November 14, 2024
Die Grensbestuursowerheid het bedrywighede by die Lebombo-grenspos gister weer tydelik opgeskort weens voortgesette protesaksie in Mosambiek ná die verkiesing.
Die oproer word aangevuur deur eise van die opposisie vir ‘n nuwe verkiesing.
Dit het gelei tot die sluiting van paaie wat die beweging van voertuie en vrag ontwrig het.
Die owerheid se kommissaris, Michael Masiapato, sê alle bedrywighede by die grenspos is gestaak om veiligheid te verseker:
OUDIO – ENG MasiapatoOnTempClosure
Mense is vanaf vanoggend 07:00 weer deurgelaat, maar net voor 12:00 het verkeer weer tot ‘n stilstand gekom.
Lees meer oor die sluiting van die grenspos verlede week: Lebombo-grens weer ten volle operasioneel – Radio Laeveld