Tiener gearresteer wat glo GPF-lid doodsteek

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

‘n 17-jarige is gearresteer omdat hy na bewering Maandagaand ‘n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Masoyi met ‘n mes doodgesteek het.

Difference Fankomo (35) was ‘n patrolleerder vir die GPF.

Nog twee lede is in die aanval gewond en word in die hospitaal behandel.

Volgens die polisie is daar op die vermeende moordwapen beslag gelê.

Die tiener word moontlik ook verbind met ‘n ander moord, op ‘n 50-jarige man, in Augustus verlede jaar.

Kol. Donald Mdhluli:

Luister: 

‘n Saak van moord en twee van poging tot moord word teen hom ondersoek.

Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Sien ook: Twee wat glo geld vervals verskyn in Nelspruit-hof