100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRACN4-tydren beloof verhoogde toeskouer interaksie

Written by on October 7, 2024

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap (NRC) gaan ‘n opwindende seisoen afsluit met die langverwagte 2024 TRACN4-tydren.

Dit vind op 15 en 16 November in die skilderagtige Dullstroom plaas.

Die tydren is bekend vir sy intense kompetisie en ruwe terrein en en beloof ‘n opwindende eindstryd vir tydren-aanhangers en motorsport-entoesiaste as die laaste been van die NRC.

Die NRC is die oudste agtereenvolgende kampioenskap in die land, wat die uithouvermoë en evolusie van Suid-Afrikaanse motorsport oor die dekades heen getoets het.

Vanjaar se kampioenskap, wat in Mei afgeskop het, is erg mededingend.

Die TRACN4-tydren vind oor twee adrenalien-belaaide dae plaas en dek ongeveer 160 km van sommige van die mees uitdagende terrein in die Mpumalanga-woude.

Dit toets spoed, presisie, uithouvermoë en strategie.

Dullstroom se hoë ligging en onvoorspelbare weer voeg dikwels ‘n addisionele dimensie by.

Vanjaar kan aanhangers ook uitsien na nuwe kenmerke, soos die deelname van die nuwe NRC 1 VW Polos wat nie in die 2023 gesien is nie.

Vanjaar se geleentheid sal ook fokus op die verhoging van aanhangersbetrokkenheid deur meer interaktiewe sosiale media dekking en verbeterde toeskouer fasiliteite, om ‘n onvergeetlike ondervinding te verseker.

Buiten die motorsportskouspel, het die TRACN4-tydren ‘n belangrike gemeenskapsgeleentheid vir eMakhazeni geword.

Sedert 2020 ondersteun dit onder meer die Dullstroom Epilepsiesentrum, wat ‘n belangrike rol speel om individue en gesinne wat met epilepsie leef, te ondersteun.

Foto: SARallying

Sien ook: Refentse se Blue Tick is tops op Top 20


×