100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Betaal nou uitstaande lisensiegelde in paaiemente

Written by on August 29, 2024

Eienaars en maatskappye wat voertuie besit met uitstaande lisensiegelde, kan nou aansoek doen om dit in paaiemente te betaal aan die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid.

Dit sluit in voertuie wat afgeskryf is of nie meer gebruik word nie, maar steeds op die eNatis-stelsel geregistreer is, en daarom lisensiegelde en boetes ophoop.

Die departement sê sommige groot maatskappye skuld miljoene rande.

As geld geskuld word, reflekteer dit op die stelsel en kan die eienaar van die voertuig nie die lisensies van enige ander voertuie hernu of registreer nie.

“Ons is bewus daarvan dat sommige motoriste of maatskappye baie geld skuld en nie alles op een slag sal kan betaal nie, daarom het ons as ‘n departement ‘n beleid opgestel om motoriste toe te laat om aansoek te doen vir ‘n reëling om dit in paaiemente te beaal,” sê die woordvoerder, Moeti Mmusi.

Hy beklemtoon hoe belangrik dit is om ‘n voertuig te deregistreer sodra dit afgeskryf is of nie meer gebruik word nie.

Om reëlings te tref vir betaling, kontak die departement weeksdae tussen 07:45 en 16:15 by 013-766-1542.

Sien ook: Ontwikkeling van Farmstall at Gateway beplan


×