Selfverdediging: ‘Misdaad kan jou ook tref’

Pront en plaaslik: Bly ingeskakel op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
Hi-Tech Selfverdediging

Hi-Tech Sekuriteit bied Saterdag ‘n kursus in selfverdediging aan.
Frank Swanepoel en Lappies Labuschagne gesels met Gerhardt oor die misdaadtendense wat hulle tans waarneem.
Swanepoel sê hulle vind dat die sogenaamde “inkopie”-seisoen, wanneer misdaad voor Kersfees toeneem, al hoe vroeër begin.
Volgens hom het dit vanjaar reeds in September begin.
Bloulig-rowers wat veral Mosambiekse karre teiken, is ook ‘n kommerwekkende tendens wat onlangs sy kop uitgesteek het in die Laeveld.
Swanepoel verduidelik dit is moeilik om hok te slaan.

Labuschagne voeg by mense moet heeltyd bedag wees op wat rondom hulle aangaan.
“Jy dink dit gaan nie met jou gebeur nie. Dit is die grootste fout wat jy kan maak.”
Luister weer hier vir besonderhede oor selfverdediging:

Sien ook: Vermeende liefdesdriehoek eis twee lewens in Mbombela