Champions for Change: Vele organisasies baat by konsert

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
André Schwartz Champions for Change

Champions for Change, oftewel Laevelders met groot harte, reël ‘n konsert waarby alle plaaslike nie-winsgewende organisasies kan baat.

André Schwartz bring sy gewilde vertoning “Any Dream Will Do – My Road with Webber” op 24 Oktober Nelspruit toe.

Dit is alles ten bate van plaaslike welsynsorganisasies.

ADASA, KANSA, Care Buddies, CMR, Huis Betlehem, Nelspruit Hospice, SANCA en LifeLine is sover die begunstigdes.

Champions for Change

Die organiseerders, Koos en Elmarie Schoonraad, gesels met Gerhardt en Andri.

Hy sê enige nie-winsgewende organisasie kan deel wees van die Champions for Change-inisiatief.

Luister weer hier:

Sien ook: Skenk bloed: Dit red werklik lewens