Bela-wetsontwerp: Wat dit beteken vir tuisskool

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Die parlement se portefeuljekomitee vir onderwys hou op 17, 18 en 19 Maart openbare sittings oor die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) in Mpumalanga.
Daar is baie algemene redes waarom skole, beheerliggame en ouers teen die goedkeuring van hierdie voorgestelde wetgewing is, en die spesifieke veranderings aan die tuisonderrig klousule word ook sterk teengestaan.
Riana Roux en Louise Schoeman van die Lowveld Home Educators-komitee verduidelik hoe dit tuis-onderrig sal raak as dit deurgevoer word.
Luister weer hier.