Drie in hof wat man glo by partytjie in Barberton doodsteek

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.
misdaad

Drie verdagtes sal môre formeel vir borgtog aansoek doen in Barberton na hulle na bewering Sondagoggend ‘n man by ‘n partytjie doodgesteek het.
Volgens die polisie is Sanele Themba (30) by Barberton-hospitaal dood met steekwonde aan sy bolyf.
Ntokozo Sithole (27), Siyabonga Mkhatshwa (29) en Donald Mhlanga (27) is dieselfde dag nog aangekeer.
Hulle het gister vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van moord.