100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man se vrou, seun en kleinseun aangekla weens sy moord

Written by on April 29, 2025

‘n Vermoorde man se vrou, seun en kleinseun het vandag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga verskyn op aanklagte van moord.

Die Nomvula Lucy Willis (75), haar seun George  Kenedy Willis (55) en sy seun, Kenny Rudolph Willis (29), is daarvan aangekla dat hulle Sondagoggend Freddy George Willis (80) in sy huis in Schoemansdal doodgeskiet het.

Volgens die Mpumalanga polisie het George aanvanklik beweer dat hy met sy aankoms by sy ouers se huis deur twee gewapende mans vasgebind en van sy voertuig beroof is en dat hulle sy pa geskiet het. 

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli: 

Luister:

Hulle is gister in hegtenis geneem. 

Die saak is uitgestel tot 6 Mei vir ‘n formele borgaansoek.

Hulle bly in aanhouding.