Curro vier weer 100%-slaagsyfer
Written by Mireille on January 14, 2025
Curro Nelspruit se 2024-matriekgroep het ‘n 100%-slaagsyfer en ‘n 97,59% baccalaureus-slaagsyfer behaal.
Carla Louw het alle verwagtinge oortref. Sy het sewe onderskeidings.
Sy tel ook onder die top 1% van alle Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-kandidate vir Engelse huistaal en pryk sy in die top 5% in vyf van haar vakke – met ‘n vlak 7-gradering in Lewensoriëntering.
Rebecca Underwood en Rim Youssef het elk ses A-simbole behaal.
Foto: Curro Nelspruit se toppresteersders in Junie verlede jaar. Carla is derde van links.
Sien ook: Uplands-matrieks presteer merkwaardig in 2024 – Radio Laeveld