Hou saam koekpieniek vir Huis Betlehem

Angela Kent het vir lank gedroom oor lang tafels vol verskillende gebak wat nie net beoordeel word vir pryse nie, maar daarna saam geniet word – alles vir ‘n goeie doel. Saterdag se koekpiekniek is ten bate van Huis Betlehem. Luister weer:
Speel spoedgholf vir Baba Caleb

Volgende Saterdag bied die Barberton-buitebaan Spoedgholf aan ten bate van klein Caleb van Wyk wat aan ‘n seldsame breintoestand, hemimegalencephaly (HME) ly. Sy ma Lara kuier saam met Leon Steenkamp van die klub in die ateljee. Luister hier: Kontak 082-557-4645 vir meer. Sien ook: Klein Caleb kry breinoperasie in Kaap
Schwabie & Henru vat Die Pad na die Laeveld

Schwabie & Henru, die gewilde Mosselbaaise duo, bring hul mooi akoestiese melodieë Laeveld toe. Schwabie het gesels met Sonop Ontbyt. Luister weer:
Nog vermeende onwettige mynwerkers aangekeer – die keer in Sabie

Dertien vermoedelik onwettige mynwerkers, insluitend twee vroue, is Sondag in Sabie as deel van Operasie Vala Umgodi aangekeer. Volgens die Mpumalanga-polisie is 12 van hulle burgers van Mosambiek en een kom van Eswatini. Hulle moet vandag in die hof verskyn. Saterdag is nege vermoedelik onwettige mynwerkers by Mashoboto in Schoemanskloof gearresteer (sien hiernaas). Die polisie […]