Motorongeluk eis wyd gerespekteerde Mpumalanga-LPW

Tersia Marshall, ‘n DA-lid van die Mpumalanga-wetgewer, is vanoggend in die hospitaal oorlede na sy gister in Rusternburg in ‘n motorongeluk was. Die 46-jarige is na die 2024 algemende verkiesing as LPW ingesweer. Voor dit was sy lank ‘n raadslid in Mbombela-munisipaliteit. Sy het haarself as ‘n gemeenskapswerker voor ‘n politikus beskryf. Die DA het […]

Kanker-kryger se memoires inspireer

Lynette Nepaul het haar memoires, The Rhythm of Resilience, geskryf na sy oor ‘n tydperk van tien jaar vier verskillende soorte kanker oorwin het. Die boek is bedoel om te inspireer, hoop te bied en gemeenskappe aan die praat te kry oor kanker. Luister weer hier: