Vermeende stroper in wildtuin gearresteer
‘n 32-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy gewond is tydens ‘n skietery met veldwagters in die Pretoriuskop-gedeelte van die Krugerwildtuin Sondagaand. Volgens die Mpumalanga polisie het die veldwagters op patrollie vier vermeende renosterstropers teëgekom. Hulle het hulle agternagesit en ‘n skietery het gevolg. Die gewonde man is in hegtenis geneem en […]