Laeveld se krieketster Katie Prior sprei vlerke met toer na Japan

Van die Laeveld na Japan… Die plaaslike krieketspeler Katie Prior het onlangs aan die jaarlikse Women’s Japan Premier League deelgeneem. Sy gesels met die Middag Game Drive oor haar reis van speel vir Mpumalanga Dogters o.19 en Mpumalanga Vroue – tot nou vir die Titans in Pretoria asook haar onlangse krieketprestasies in Japan. Luister hier:

Innibos 2026 kom al nader – is jy IN?

Daar is minder as ‘n maand oor voor Innibos 2026 op 2 Julie afskop. Naranda Leeuwner sê vir Sonop Ontbyt die kaartjies verkoop flink en feesgangers moet veral produksiekaartjies opraap terwyl hulle nog kan. Luister: 

Plaaslike meesterspeler op pad na hokkiewêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende hokkiewêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive oor hoe sy die sport eers na skool begin beoefen het. Luister: