Twee van Mpumalanga op pad na Statebondspele vir Skaak

Twee spelers van Mpumalanga is vanjaar ingesluit by die span om Suid-Afrika by die Statebond Skaakkampioenskap in Sri Lanka te gaan verteenwoordig. Junior Meesters Bafana Sgudhla (14) en Nkosikhona Jele (19) kuier saam met die president van Mpumalanga Skaak, Vumi Maluleke, by die Middag Game Drive. Luister hier:
Lebombo-grenspos gaan herbou word

Die Grensbestuursowerheid gaan ses groot landgrensposte deur middel van openbare-privaat vennootskappe herontwikkel. Die woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê die Raulux-konsortium gaan die Lebombo-grenspos heeltemal herbou en tegnologie inspan om die hoë volumes verkeer beter te hanteer en reis en handel meer doeltreffend te maak. Luister hier: