Verdagte gesoek wat vragmotorbestuurder vermoor

Die Mpumalanga polisie het ‘n mannejag geloods na ‘n vermeende rower wat Dinsdagaand ‘n vragmotorbestuuder doodgeskiet het. Die slagoffer het langs die R40 in Bosbokrand stilgehou, na vermoede om ‘n draai te loop, toe hy aangeval is. Dit is onduidelik wat geroof is. ‘n Polisiewoordvoerder, luit, kol. Jabu Ndubane, sê kameras kon die verdagte afneem. […]
Polisie ‘red’ visserman by Komati-rivier

Die polisie in Mpumalanga sê hy is verbind tot openbare veiligheid. Dit na hulle ‘n visserman onder dwang van rotse by die Komati-rivier gered het. Die polisie is gekritiseer dat hulle die man in gevaar laat, maar sê hy het volgehoue pogings om hom te help geweier. Hulle kon wel gister daarin slaag om hom […]
Versigtigheid op paaie bepleit

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid bepleit versigtige gedrag op die paaie tydens ‘n verwagte toename in verkeer voor skole volgende week heropen. Vyf mense is oorlede toe die sedan waarin hulle gereis het met ‘n vragmotor gebots het op die R23 tussen Balfour en Greylingstad gisteraand. Dit volg na ‘n trompop botsing tussen ‘n sedan […]
Groot reën op pad vanaf Saterdag

‘n Intense laedrukstelsel sal na verwagting oor suidelike Mosambiek ontwikkel en kan vanaf Saterdag wydverspreide reën en donderbuide na die Laeveld en platorand van Mpumalanga en Limpopo sowel as die noordooste van KwaZulu-Natal bring. Laeveld Brunch gesels met Amukulani Mkhari, ‘n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Luister: