Nelspruit Mediclinic se intensiewe- en hoësorg steeds onder Covid-druk

Nelspruit Mediclinic sê hulle ervaar tans ‘n effense afname in die vraag na hospitaalbeddens weens Covid-19, maar hul intensiewesorg- en hoësorg-eenhede is steeds onder druk. Volgens dr. Gerrit de Villiers, die hoof kliniese beampte by Mediclinic Suider-Afrika, benodig nie alle Covid-pasiënte intensiewesorg of meganiese ventilasie nie, en word baie van hulle suksesvol in ander sale […]

Laeveld Nuus – week 29 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Twee mans vas oor 19 renosterhorings, inwoners van Mpumalanga aangemoedig om ingeënt te word teen Covid-19, Laeveld DBV-takke sê hulle sukkel om kop bo water te hou sonder munisipale befondsing, en die jaarlikse Chicken Challenge vendusie is oop. Luister die hooftrekke hier.

Vermeende renosterhoring-handelaars doen vandag aansoek vir borgtog

AB (Schalk) Steyn (48) en Dawie Groenewald (53) sal vandag formeel aansoek doen vir borgtog in die Nelspruit-landdroshof. Hulle het gister reeds verskyn en word aangekla van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings. Hulle is Woensdag aangekeer in ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke, die eenheid teen die smokkel van wild en private rolspelers. […]