100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Werkloosheid in Mpu neem toe tot 37,4%

Written by on August 13, 2024

Statistieke Suid-Afrika se jongste kwartaallikse arbeidsmagopname toon die meeste werkverliese het in die Wes-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorgekom, terwyl Gauteng en Limpopo toenames ondervind het.

Die nasionale werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal van die jaar tot 33,5% gestyg, van 32,9% in die eerste kwartaal.

Mpumalanga se werkloosheidskoers staan op 37,4%, op van 36,2% in die eerste kwartaal, en sy uitgebreide werkloosheidskoers op 48,7% (sien grafika).

Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA sê werkloosheid onder vroue het tot 35,8% gestyg.

Luister: ENG PhoshokoOnUnemploymentRate

Sien ook: 41 vas vir mensehandel en oortreding van Immigrasiewet


×