Waarskuwing teen oorstromings te midde van nog verwagte reën
Written by Mireille on January 16, 2025
Die polisie waarsku inwoners van Mpumalanga om uiters versigtig te wees rondom waterliggame te midde van voortgesette reën en gepaardgaande oorstromings.
Verskeie verdrinkings is regoor die provinsie aangemeld. Dit sluit in twee mense in Tonga, twee in Embalenhle en een in KaNyamazane wat vermis is na hulle na weggevoer is deur rivierwater.
In die Gert Sibande-distrik is iemand dood toe ‘n huis ingegee het.
In Tonga is ‘n jong vrou verlede week van gewisse verdrinking gered.
Inwoners is gewaarsku om nie te probeer om enige vining vloeiende strome of riviere te probeer oorsteek nie, en om te in hulle te probeer afkoel nie.
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir nog hewige donderstorms is vir vandag vir die westelike dele van die Hoëveld van Mpumalanga uitgereik.
Intussen het Barberton erg deurgeloop onder ‘n donderstorm gister met inwoners wat 55 mm reën aangemeld het binne 24 minute.
Verskeie huise is oorstroom en paaie beskadig.
Sien ook: Nog ’n verdagte vas na massamoord in Pienaar – Radio Laeveld