Waarskuwing oor Lydenburg se kraanwater

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Inwoners van Lydenburg/Mashishing is gewaarsku om hul kraanwater vir ‘n minuut te kook voor hulle dit drink.

Volgens ‘n dringende openbare kennisgewing wat Thaba Chweu-munisipaliteit vandag uitgereik het, is dit te wyte aan ‘n tekort aan gas chloor silinders wat gebruik word om water by die waterwerke te suiwer.

Die nodige verkrywingsproses het wel begin, en die publiek sal in kennis gestel word wanneer die materiaal ontvang is.

Sien ook: Lefpa laat weer voorbrande toe