100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Waarskuwing oor droë krane in Barberton

Written by on June 19, 2024

Inwoners van Barberton kan tot môreoggend watertekorte verwag, na die Suidkaap-pompstasie Maandag tegniese probleme begin ondervind het.

Die pompstasie is sedertien weer operasioneel, maar Mbombela-munisipaliteit waarsku reservoirs was teen vanoggend byna leeg.

Watertoevoer na veral hoogliggende areas is belemmer met die Rimers-waterwerke wat nie die kapasiteit het om voldoende water te suiwer nie.

Mense wat nog water het is gevra om dit spaarsaam te gebruik.

Watertoevoer sal na verwagting teen môreoggend na normaal terugkeer.

Sien ook: Refleksologie help met haas enige kwaal