Vrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskiet
Written by Mireille on November 20, 2024
Die polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela.
Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal.
Sy het na vermoede om ongeveer 05:30 die gimnasium verlaat toe sy verskeie kere geskiet en in die bolyf getref is.
Sy is op die toneel dood verklaar.
Die motief vir haar moord is in dié stadium onbekend.
Twee verdagtes word deur die polisie gesoek.
Luister:
Geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om die Nelspruit speurtakbevelvoerder, kol. Thami Mkhaliphi,
te kontak by 082-408-9831.
Inbellers mag kies om anoniem te bly.
Sien ook: Kragonderbreking vir instandhouding uitgestel vir eksamens