Vrou vas weens kabels wat glo aan Eskom behoort

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
Nombango Mogiba

‘n 52-jarige vrou het vandag weer in die Calcutta-landdroshof verskyn vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, is koper- en aluminiumkabels wat glo aan Eskom behoort sowel as seil van Transnet by Nombango Mogiba se huis in Mkhuhlu gevind.

Luister:

Sy is borgtog van R5 000 toegestaan.

Die saak is uitgestel tot 28 Maart.

Sien ook: Valke soek bestuurder wat restaurant glo besteel