100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vrou aangekeer weens moord op haar ma vir versekeringsgeld

Written by on April 11, 2025

‘n 40-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Acornhoek-landdroshof verskyn nadat sy gister in hegtenis geneem is in verband met die moord op haar ma in Maart.

Mandenane Emmie Maonye was 83 jaar oud.

Die verdagte is die derde individu wat in verband met die saak aangekeer is.

Die ander twee beskuldigdes is ‘n man wat hom voorgedoen het as ‘n pastoor, asook die slagoffer se kleindogter, Lebo Magopane (26).

“Die eerste verdagte, Polite Thaphelo Khoza (25), is in Nelspruit in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ‘n huisbraak- en diefstalsaak in Mataffin buite Nelspruit in Desember,” sê die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli.

Daaropvolgende ondersoeke het verbande met ander misdade, insluitend huisroof, ontvoering en brandstigting, aan die lig gebring.”

Hulle het gister in die hof verskyn en bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning Dinsdag.

Luister: