Vrou 23 jaar tronk toe na sy dogtertjie vergiftig

Sy het in haar pleitverklaring erken dit was om die elfjarige se biologiese ma te na te kom.  

Die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela het ‘n Mosambiekse vrou, Clara Masinga, tot 23 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die voorbedagte moord op haar elfjarige stiefdogter, Jennifer Gumbi.

Masinga was in ‘n verhouding met die oorledene se pa en het saam met hom in KwaMhlushwa in die Malalane-distrik gewoon.

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê Masinga het die kind se roomys in 2015 met Rattex vergiftig.

Luister:

Jennifer se lewelose liggaam is later in ‘n vlak sloot naby die Mlumati-rivier gevind.

Masinga het in haar pleitverklaring erken dat dit was om Jennifer se biologiese ma te na te kom.