Aprilgek: Witrivier se naam bly

Daar tans geen planne is om Witrivier se naam na Vundzile te verander nie.

Die voorgestelde naamsverandering waaroor ons vroeër berig het was ons Aprilgekgrap. 

Terloops is dit wel waar dat die dorp as “Witrivier”, “White River” en “Manzimhlophe” (wat in siSwati “wit waters” beteken) geregistreer is, aldus Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT). 

Dit maak die dorp redelik uniek in Suid-Afrika.

Op sy beurt beteken Vundzile “vrugbaar” in siSwati.

Luister:

Sien die vroeëre berig hieronder. 

Voorstel om Witrivier se naam na Vundzile te verander – 1 April 06:52

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê hulle sal aksie neem teen Witrivier se voorgestelde naamsverandering.

Die Departement van Kuns en Kultuur het gisteraand ‘n aansoek gebring om die dorp se naam te verander na Vundzile.

Linda Grimbeek van die KLCBT het bevestig dat die parlement dié aansoek aanvaar het.

Sy sê dit is glo omdat die dorp amptelik geregistreer is as “Witrivier”, “White River” en “Manzimhlophe” wat in SiSwati wit waters beteken.

Die Departement voel die dorp moet eerder net een naam hê.

Luister: 

Grimbeek  moedig inwoners aan om deel te neem aan hul meningspeiling oor die voorgestelde naamsverander om verdere optrede te bepaal.

Luister: 

Die peiling sal vanaf môre, 2 April, op die KLCBT se webtuiste beskikbaar wees.