Voormalige hoftolk moet vyf jaar sit weens bedrog in Mkhuhlu
Written by Mireille on November 14, 2024
‘n Voormalige hoftolk is tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis weens bedrog.
Buzizwe Zizwe Zitha (43) was by die Mkhuhlu-landdroshof werksaam.
Hy is sedertien, na ‘n dissiplinêre proses, ontslaan.
Volgens die Valke in Mpumalanga is hy in April 2021 gearresteer na hy omkoopgeld van R11 200 gevra het van ‘n man wat van huishoudelike geweld aangekla is.
Die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, sê Zitha sou reël dat die sake teen die man teruggetrek word.
Hy is gister deur die Nelspruit-gespesialiseerde kommersiële misdaadhof tot agt jaar gevangenisstraf, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.
Luister: