Vlieghengelaars samel fondse in vir KANSA
Written by Mireille on August 16, 2023
Vlieghengelaars kon Saterdag tydens hul Vrouemaand-hengelgeleentheid R6 000 vir KANSA Laeveld insamel.
Jani Wessels, organiseerder van die Sabie Vlieghengelklub; Nikita Pretorius, ‘n KANSA-debutant by Hoërskool Nelspruit; en hengelaar Mariette Venter kuier in die ateljee.
Wessels sê ‘n goeie vriendin, Nikita se ma Marlene wat kanker het, het haar geleer hoe dié organisasie pasiënte en hul gesinne bystaan.
Luister weer hier:
Luister ‘n onlangse onderhoud met Marlene: Jy weet nie hoe jy op kankerdiagnose gaan reageer nie