Vier polisiebeamptes verbonde aan die Limpopo-polisie, het gister in die Mashishing-landdroshof verskyn op aanklagte van roof.
Hulle is Vrydag saam met ‘n burgerlike man in Lydenburg gearresteer.
Dit na hulle na bewering kontant en onwettige sigarette geroof het.
Die polisie het gereageer op klagte van ‘n huisroof. By die woonstelblok in die dorp aangekom, het hulle ‘n gemerkte polisievoertuig aangetref.
Die vier insittendes was sers. Lucky Shogolo, konst. Constable Thapelo Ledwaba, konst. Malesela Huma en konst. Saraphina Senama.
Die klaers het hulle as die rowers uitgewys.
‘n Ander voertuig, wat glo weggejaag het en vol sigarette gelaai was,is voorgekeer en die bestuurder, Sello Komane, is gearresteer.
Kontant is in die polisievoertuig ontdek.
Lees meer: Vier Limpopo-polisiebeamptes in Lydenburg aangekeer weens huisroof
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdluli, is daar in die slagoffers se huis onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van R1,5 miljoen ontdek sowel as R950 000 in kontant.
Twee Ethiopiese burgers is in hegtenis geneem.
Die saak teen Daniel Wikino en Aleyo Shgutey is tot Maandag uitgestel om die dienste te bekom van ‘n tolk.
Die Valke ondersoek die saak teen die ander vyf verder.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag hulle het gister saamgewerk om te verhoed dat die polisiebeamptes borgtog kry.
Volgens Monica Nuyswa moet hul voorlopige ondersoek eers afgehandel word.
Die saak is uitgestel tot Vrydag vir ‘n borgtogaansoek.