Vermeende stropers in Krugerwildtuin doodgeksiet
Written by Mireille on March 24, 2025
Die polisie ondersoek twee voorvalle waartydens twee vermeende stropers die afgelope week in skietgevegte met wildbewaarders noodlottig gewond is in die Krugerwildtuin.
Volgens die polisie in Mpumalanga het twee verdagtes Vrydagmiddag naby Skukuza op veldwagters gevuur.
Hulle het teruggeskiet. Een kon vlug. Die ander een het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Nog ‘n man is Dinsdag in ‘n soortgelyke voorval naby Malelane hek noodlottig gewond. Die oorledenes is nog nie geïdentifiseer nie.