Vermeende spoorlyn-diewe verskyn vandag in die Barberton-hof

Vyf verdagtes is aangekeer as deel van Operasie Vala Umgodi vir peuter met noodsaaklike infrastruktuur by Joe’s Luck naby Barberton Vrydagnamiddag.

Polisiebeamptes op patrollie langs die R38 Barberton–Sheba Siding-pad het ʼn taxi opgemerk wat mans aflaai wat toe in digte bosse verdwyn het.

Hulle het hulle gevolg en die verdagtes aangetref in besit van 269 m spoorlyne.

Nege verdagtes kon vlug en arrestasie ontduik.

Die staal is aan Transnet terugbesorg.

Hulle sal vandag in die Barberton-landdroshof verskyn.