‘n Dertigjarige verdagte sal vandag in die Sabie-landdroshof verskyn na die kaping en rooftog van ‘n afleweringsvoertuig in Sabie Dinsdag.
Hy word aangekla van kaping en roof.
Volgens die polisie is die voertuig op die Sabie/Witrivier-pad voorgekeer en die insittendes is deur twee gewapende mans na ‘n nabygeleë plantasie geneem.
Hulle kon met ‘n plantasiewerker se selfoon hulp ontbied.
Voertuigopsporingdienste en die polisie se blitspatrollie het ‘n Toyota Quantum met die gesteelde voorraad – sigarette ter waarde van ongeveer R500 000 – gevind.
Een verdagte is in hegtenis geneem, terwyl die ander kon vlug.





