Twee renosterkalfies in NKW gered 

Twee jong renosters is Saterdag in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gered na waaksame besoekers SANParke oor hulle gewaarsku het.

Die kalfies, onderskeidelik 12 en 18 maande oud, is opgemerk waar hulle langs die pad na die Malelane-gedeelte rus.

Owerhede het vinnig gereageer om hulle te vang en na ‘n veilige plek te neem.

Die jonger kalfie is per helikopter vervoer en die ouer een is in ‘n krat na ‘n veilige fasiliteit vervoer.

SANParke het hul dank uitgespreek teenoor die besoekers wie se vinnige optrede die kwesbare kalfies ‘n kans op oorlewing gegee het.

Veldwagters soek steeds na die ma.