Twee Nellies op pad na die Afrika-Spele in Mauritius

Skakel in op 100.5FM.

Hoërskool Nelspruit se hoogspringster, Shanese de Clerck, is ingesluit in Suid-Afrika se senior atletiekspan wat volgende week aan die Afrika-Spele gaan deelneem. DP Badenhorst, die skool se sportspesialis in atletiek, is ook gekies as die span se worpe-afrigter. Die kampioenskap vind vanaf 8 tot 12 Junie in Saint Pierre in Mauritius plaas.