Twee mynwerkers kry borgtog in Barberton

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die saak teen 24 vermeende onwettige mynwerkers wat Maandag by Sheba-myn gearresteer is, is deur die Barberton-landdroshof tot 13 Augustus uitgestel.

Twee beskuldigdes is elk borgtog van R2 000 toegestaan.

Die ander 22 bly in aanhouding.

In totaal is 550 mense aangekeer tydens die Operasie Vala Umgodi-optrede sedert Vrydag.

Hulle is afkomstig van Suid-Afrika, Eswatini, Mosambiek, Zimbabwe en Lesotho.

Aanklagte teen hulle sluit in betreding, diefstal, die besit van gouddraende materiaal en oortreding van die Wet op Immigrasie.

Van die beskuldigdes wat Maandag in die hof verskyn het is daar aan 26 borgtog van R2 000 elk toegestaan.

Hul saak is uitgestel tot 11 en 12 Augustus vir nog moontlike borgaansoeke.

Sien ook: Borgtog vir 26 wat glo onwettig myn