Die polisie in Mpumalanga het gister twee Zimbabwiese mans in Barberton in hegtenis geneem weens die besit van springstof.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kol. Fundiswa Maphanga, is ‘n intelligensie-gedrewe operasie by ‘n gastehuis in New Village uitgevoer, waar die polisie ‘n groot hoeveelheid springstof ontdek het wat in ‘n sak in een van die kamers versteek was.
Luister:
Die verdagtes kon nie ‘n geldige verduideliking rakende die besit van die items verskaf nie en is gearresteer.
Maphanga sê dit kan moontlik verband hou met onwettige mynbedrywighede in die area.
Hulle sal in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Plofstowwe.