Staat skuld Mbombela meer as R400 miljoen

Die DA beplan om Mbombela by die Openbare Beskermer aan te gee weens sy versuim om dienste af te sny van die provinsiale regering wat die munisipaliteit R406 miljoen skuld. Robert Dlamini en Thea Rix gesels met 100.5FM. Luister hier:

So werk Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal ‘n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen. Luister hier: Vind die aansoekdokumente op Mbombela se webtuiste. Stuur jou aansoek per e-pos aan [email protected]. Skakel Rix by 082-771-2889 vir ondersteuning.

DA eis dat Mbombela afsny van krag staak

Die DA eis dat Mbombela-munisipaliteit ophou om mense se kragtoevoer af te sny. Koukusleier, Robert Dlamini, verduidelik die amnestie-tydperk wat einde September deur die raad aanvaar is saam met raadslede Sanley van der Merwe en Thea Rix. Luister hier: