Beskerm jouself so teen swendelaars

Aanlyn swendelary neem toe met verneukers wat al hoe meer gesofistikeerd raak om slagoffers uit te oorlê. Juan Grobbelaar, die hoof van kredietverhoudinge by die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) vertel vir Laeveld Brunch hoe jy jouself kan beskerm. Luister hier:

Hoe om jouself teen slenters te beskerm

Almal val soms vir ‘n verneukspul. Die grootste bedreiging wanneer dit by finansiële misdaad kom is sosiale ingenieurswese, aldus die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric). Uitvoerende hoof, Nischal Mewalall, sê dit is ‘n truuk wat skelms gebruik om slagoffers te oortuig om hul persoonlike inligting te deel en hulle so te besteel. “Dit speel met jou vrese […]