Aanhoudende swaar reën verhoog risiko van oorstromings en padsluitings

Aanhoudende swaar reën in Limpopo en Mpumalanga verhoog die risiko van wydverspreide oorstromings, vinnig vloeiende riviere en padsluitings. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gister ‘n rooi vlak 10-waarskuwing – die hoogste waarskuwing – uitgereik vir ontwrigtende reën in areas soos Maruleng, Phalaborwa, Giyani, Tzaneen, Letaba, Bosbokrand, Nkomazi en Mbombela. ‘n Weervoorspeller, Abdul Ngcamu, sê 100 […]
Rooi vlak 10-waarskuwing vir vandag en môre

Die weerwaarskuwing vir vandag vandag en môre is opgegradeer na ‘n rooi vlak 10 vir ontwrigtende reën in die Barberton, Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Bosbokrand, Letaba, Tzaneen, Phalaborwa en Giyani-areas. ‘n Weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Abdul Ngcamu, sê 100-200mm is binne 48 uur moontlik in hierdie areas wat reeds versadig is. Luister: