Staat skuld Mbombela meer as R400 miljoen

Die DA beplan om Mbombela by die Openbare Beskermer aan te gee weens sy versuim om dienste af te sny van die provinsiale regering wat die munisipaliteit R406 miljoen skuld. Robert Dlamini en Thea Rix gesels met 100.5FM. Luister hier:
DA eis dat Mbombela afsny van krag staak

Die DA eis dat Mbombela-munisipaliteit ophou om mense se kragtoevoer af te sny. Koukusleier, Robert Dlamini, verduidelik die amnestie-tydperk wat einde September deur die raad aanvaar is saam met raadslede Sanley van der Merwe en Thea Rix. Luister hier: